Enneagram Aangebied deur Ena Theron - Gesertifiseerde Enneagram Fasiliteerder
enneagram Hartswater | Ena Theron
Ena Theron

Oor die Fasiliteerder
Ena Theron is gebore en getoë op 'n plaas in die Noord-Kaap. Hier het sy 'n liefde vir die aarde ontwikkel en God en die geestelike in kontak met die natuur en aarde ervaar. Sy het haar hoërskool loopbaan op Reivilo voltooi. Sy ervaar toe 'n sterk aantrekkingskrag om dieper as die oppervlak te delf en besluit om Sielkunde te studeer aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Sy bekwaam haarself as 'n Voorligtingsielkundige. Sy werk toe vir 'n kort tydperk in onderskeidelik die Departement Arbeid en die Departement Onderwys, waarna sy haarself gevestig het in privaat praktyk in Kimberley. Sy konsentreer veral op kinders, en werk in 'n Multi-dissiplinêre span saam met Arbeidsterapeute en Spraakterapeute.

Ena het in 2001 na Hartswater verhuis, 70 km van haar geboortegrond en sy begin weer 'n privaat praktyk. Weens die plattelandse behoeftes werk sy nou ook toenemend met volwassenes. Tydens haar werk met volwassenes besef sy die behoefte aan 'n geestelike dimensie, wat nie altyd deur die sielkunde aangespreek word nie. Dit word 'n geestelike soeke om die sielkunde en die geestelike te integreer. In 2006 het sy 'n Enneagram kursus in Bloemfontein bygewoon. Die Enneagram vervul die soeke na integrasie tussen die sielkunde en die geestelike en steek 'n vuur aan die brand. In 2007 reis sy na Port Elizabeth en bekwaam haar as 'n Enneagram fasiliteerder onder die leiding van Elizabeth Dugmore. Elizabeth Dugmore het haarself in Amerika onder leiding van Helen Palmer en David Daniels as Enneagram fasiliteerder gekwalifiseer. Haar Enneagram skool geniet ook internasionale erkenning.

Sedert 2008 bied Ena gereelde Enneagram werkswinkels in die Noord-Kaap omgewing aan, en sy bied ook werkswinkels aan in Bloemfontein en Johannesburg. Ena is getroud en sy en haar man het saam vier kinders.

Ena Theron

Fasiliteerder kwalifikasies
1. 1992:    MA Sielkunde (RAU)
2. 1993:    Registrasie HPCSA (Health Professions Council of South Africa)
3. 2007:    Enneagram fasiliteerder van Enneagram Module 1: Persoonlikheidstipes
4. 2008:    Enneagram fasiliteerder van Enneagram Module 2: Subtipes
5. 2008:    Enneagram fasiliteerder van Enneagram Module 3: Integrasie van Enneagramtipe en subtipe.

Spacer
Enneagram South Africa | Ena Theron
All rights reserved God's Creation | Website designer God's Creation